|
Addisionele Taal
Die Addisionele Taal Redenaars se sluitingsdatum is 15 Februarie 2013.
Die inskrywingsvorm moet deur die hoof onderteken word as bevestiging dat deelnemer aan kriteria voldoen. Indien aan die lig kom dat die leerder nie aan die kriteria voldoen nie, sal dit lei tot diskwalifikasie van die skool en leerder.
Addisionele Taal kriteria vir inskrywing:
Eerste Addisionele Taal:
Afrikaans as tweede taal: Slegs leerders wat Afrikaans as eerste addisionele taal (Afrikaans as tweede taal) op skool neem en wie se huistaal nie Afrikaans is nie, mag vir hierdie afdeling inskryf. Geen moedertaalsprekers van Afrikaans mag vir hierdie afdeling inskryf nie.
Tweede Addisionele Taal:
Afrikaans as vreemde taal: Slegs leerders met geen kennis van Afrikaans of wat dit as tweede addisionele taal (Afrikaans as derde taal) neem, mag vir hierdie afdeling inskryf. Geen moedertaalsprekers van Afrikaans mag vir hierdie afdeling inskryf nie. |
|
|
|
|
|
|
|