Verskeie presteerders in die Afrikaanse mediawêreld is op 19 April by Vodaworld in Midrand met ’n Mediaveertjie deur die ATKV bekroon. Die ATKV bekroon jaarliks diegene wat in die loop van ’n gegewe jaar ’n uitnemende bydrae in Afrikaans gelewer het. Elke kategoriewenner ontvang R3 500 en ’n trofee. Die publiek het ook deelgeneem aan die ATKV-Mediaveertjies deur te stem vir hulle gunstelingradiopersoonlikheid