David Fourie, die beskermheer van ATKV-Handevat stel vandag sy nuwe musiekvideo, Die Stem, bekend. Wees een van die eerste mense om dit te sien!
Klik gerus op die video:
Ennis Thabong is ’n minder bevoorregte skooltjie in Hartbeespoort. Doxa Deo Skool Xanadu het in 2010 die ATKV-Handevatkompetisie gewen met die kleuterskooltjie, Cargo of Dreams, wat hulle met skeepsvraghouers by Ennis Thabong opgerig het. ATKV-Handevat behels dat skole uit meer bevoorregte gemeenskappe opbouende projekte aanpak saam met en ten bate van skole uit minder bevoorregte gemeenskappe. Lorraine Maake is die kleuterskooljuffrou by Cargo of Dreams wat saam met vyf kleuters in David se musiekvideo verskyn om die sterk band tussen mentor en kind te vertolk. Lorraine (37) kom uit haglike omstandighede en is tans besig om haar matriekeksamen te voltooi. Sy is die perfekte voorbeeld van ’n Suid-Afirkaanse rolmodel.
Die liedjie is geskryf deur Vaughan Gardiner en spreek die verlies van identieit aan. Dit kan die verlies wees van identiteit as kunstenaar, kultuur of selfs ’n geliefde. David se vierde Afrikaanse album, ’n Stukkie Hemel, sal vroeg in Julie beskikbaar wees in alle musiekwinkels.
Klik hier vir foto's van die opname van David Fourie se musiekvideo.
ATKV EN LAERSKOOL JAN VAN RIEBEECK VAT HANDE MET DIE SOYISILE-PROJEK
Laerskool Jan van Riebeeck is een van tien ATKV-Handevatdeelnemers vir 2013. Hulle het R5 000 ontvang om hulle gemeenskapsprojek ’n hupstoot te gee.
Soyisile Primêre Skool is die minder bevoorregte skool in dié Handevatvennootskap waar Laerskool Jan van Riebeeck alreeds in 2012 ’n biblioteek ingerig het. Gedurende 2013 beplan Laerskool Jan van Riebeeck om die biblioteek lewendig te maak vir elke kind van Soyisile. Soyisile is ’n Xhosa-woord wat “Ons sal wen” beteken – iets wat hulle verseker gaan doen in hierdie wenvennootskap.
Nina Ferreira, ’n leerder aan Laerskool Jan van Riebeeck skryf oor een van die besoeke aan Soyisile Primêr:
Saterdag, 11 Mei het albei die Graad 7-klasse ’n uitstappie na Soyislile Primêre Skool in Khayelitsha gehad. Ons het ’n 100-blok op hule speelterrein geverf, sodat die kinders gedurende pouse kan leer en baljaar. Die skool is netjies, met ’n gawe en hardwerkende hoof. Ons het van die leerders van Soyisile ontmoet en nuwe vriendskappe het sommer geblom. Ek het baie respek vir die kinders gehad. Met die omstandighede waarin hulle woon, was hulle nog vriendelik en lus vir die lewe. Dit het my laat besef dat daardie frons waarmee ons in die oggende opstaan nie aanvaarbaar is nie. Daar is kinders wat nie eers behoorlik skuiling het nie, wat elke dag met ’n glimlag opstaan. Ons het een van die leeders se huis besoek, waarin hy en sy ouers, boeties en sussie in bly. Dit het net een kamer gehad. Hy was ’n graad 7-leerder wat graag volgende jaar na die hoërskool wil gaan. Ek dink die verhouding wat Jan van Riebeeck en Soyisile nou laat blom is tot voordeel vir albei skole. Soyisile is ’n skool met baie potensiaal en met die regte hulp kan dit nog verbeter in die toekoms. Mnr. Smit en Juf. Brink sê altyd jy kan ’n verskil maak. Op Saterdag, 11 Mei het ek besef dat ek waarlik kan.
PROJEKPLANNE 2013
Duisende jong lewens is al deur die ATKV-Handevatprojek geraak. Dié projek poog om skole uit bevoorregte gemeenskappe te motiveer om volhoubare, opbouende projekte aan te pak saam met skole uit minderbevoorregte gemeenskappe. En in die proses word wonderlike bande tussen kinders wie se paaie nooit andersins sou kruis nie, gesmee.
Die volgende projekplanne is goedgekeur vir vanjaar en ontvang elk R5 000 as aanvangskapitaal:
Hoërskool Ferrum met Chelmsford Primary School
Hugo Lambrechts Musieksentrum met hande met Rosendal Primary School
Laerskool Jan van Riebeeck met Soyisile Primary School
Hoërskool Jan van Riebeeck met Laerskool Weber Gedenk, Laerskool De Waveren, Ysterplaat Pre-primêre Skool, Laerskool Ysterplaat en Ons Plek Welsynsorganisasie.
Laerskool Kleinmond met Klienmond Primêre Skool
National Institute for Higher Education met Tshiamo Primary School
Hoërskool Piet Pogieter met Zamokuhle Centre for the Disabled
Hoërskool Riebeeckstad met Teto High School
Hoërskool Stellenberg met die Paarl Vaardigheidskool
Hoërskool Southlands met die Kwavulindlebe School for the Deaf
Maak 'n verskil in jou gemeenskap met ATKV-Handevat
Klik op die prentjie vir 'n groter weergawe
HANDEVAT WENNER
Klik op die prentjie vir 'n groter weergawe
PRYSGELD 2013
R50 000 prysgeld is hierdie jaar op die spel vir die wenprojek wat uitgereik het na ’n minder bevoorregte skool en ’n volhoubare opbouende projek uitgevoer het ten bate van die gemeenskap.
Hoërskool Jan van Riebeeck het verlede jaar gewen. Hulle projek het die geheelskoolontwikkeling van Weber Gedenk Primêre Skool in Jamestown behels. Die lewensstandaard van die leerders, ouers, personeel en gemeenskapslede is verbeter. Daar is verskeie projekte aangepak om vyf terreine van behoefte (akademie, kultuur, sport, sosiaal-maatskaplik en infrastruktuur) te probeer aan te spreek.
Die volgende tien vennootskappe se projekte word van 21 Januarie tot 1 Februarie beoordeel: (Die inisiatiefnemende skool word eerste genoem en dan die minder bevoorregte skool)
Hoërskool Bonnievale met Langeberg Sekondêre Skool
Hoërskool Diamantveld met Laerskool du Toitspan
Hoërskool Eldoraigne met Mahlahle Primary School
Global Leadership Academy met Ithemba Gemeenskapsentrum
Kenridge Primary School met The Valley Primêre Skool
Hoërskool Maclachlan en Laerskool Somerset’s Gift
Hoër Meisieskool Paarl en Alfons Primêre Skool
Hoërskool Southlands met Laerskool Evergreen
Hoërskool Stellenberg met Paarl Vaardigheidskool
Trompsburg Primêre Skool met P.T. Sanders Gekombineerde Skool
HOËRSKOOL LOUIS TRICHARDT SKENK OU SKOOLSKOENE
Die Graad12-leerders van Hoërskool Louis Trichardt het verlede Maandag, as deel van die ATKV se Handevatprojek, hul ou skoolskoene geskenk aan minder bevoorregte kinders. Meeste van die Graad 12’s het na afloop van hul laaste matriekvraestel kaalvoet by die eksamenlokaal uitgewals. Die skoene wat geskenk is, sal aan minder bevoorregte leerders van plaaslike skole geskenk word.
Dankie vir julle mooi gesindheid Triegie Matrieks van 2012 en geluk met die aflê van die matriekeksamen!
ATKV BIED 'N KERSPARTYTJIE AAN VIR KINDERHUIS
Die ATKV bied op 16 November ’n kerspartytjie aan vir 150 kinders van die Abraham Kriel Kinderhuis in Nylstroom. Hierdie joligheid sal plaasvind by ATKV-Klein-Kariba en elke kind sal ’n presentjie ontvang waaroor hy/sy droom vir hierdie Kersfees. Kersfees is ’n tyd van familie, vriende, inspirasie en lekker bederf, maar as ’n kind van 12 jaar oud vra vir biltong of lekkers en een van 10 jaar oud vra vir tekkies raak dit baie duidelik dat daar groot behoefte is. Met hierdie inisiatief poog ATKV-Handevat om weer te hoop te gee, sodat afvlerk-kinders Kersfees kan ervaar deur die oë van ’n kind …
Die Abraham Kriel Kinderhuis in Nylstroom versorg tans 170 getraumatiseerde kinders. Hulle het ’n visie dat kinders goed versorg sal word sodat hulle gelukkige, gesonde en goed gedissiplineerde lede van die gemeenskap sal word wat ook die behoeftes van ander in aanmerking sal neem. Kinders word in Kinderhuise geplaas deur ’n hofbevel as gevolg van die volgende redes: kindermishandeling, akoholmisbruik, dwelmmisbruik, gebrek aan ouerskapsvaardighede, gesinsgeweld en faktore wat die lewe van die kind in gevaar mag stel.
Speeltyd by die kinderhuis. ’n Voorsmakie van die absolute pret wat voorlê vir die kinders.
ATKV-HANDEVAT HELP SKOLE!
Sestien skole uit bevoorregte gemeenskappe pak elkeen ’n opbouende projek aan saam en tot voordeel van ’n skool uit ’n minder bevoorregte gemeenskap.
Handevat behels die uitleef van Ubuntu. Ubuntu is ’n Zoeloe-woord wat menslikheid teenoor ander beteken - jou pyn is my pyn; my rykdom is jou rykdom en jou redding is my redding.
Hierdie sestien deelnemers van ATKV-Handevat 2012 werk elkeen hard aan uiteenlopende, kreatiewe projekte om die lewe vir ander beter te maak!
Die deelnemende skole vir 2012 is:
Inisiatiefnemende Skool
Vennootskapskool
1
Hoërskool MacLachlan
Laerskool Somerset’s Gift
2
Hoër Meisieskool Paarl
Alfons Primêre Skool
3
Hoërskool Diamantveld
Laerskool Du Toitspan
4
Hoërskool Secunda
Highveldridge DBV en die breë gemeenskap
5
Fichardtpark Primêre Skool
Oranjekrag Intermediêre Skool
6
Global Leadership Academy
Ithemba gemeenskapsentrum
7
Hoërskool Piet Potgieter
Zamokuhle Centre for the Disabled
8
Hoërskool Stellenberg
Paarl Vaardigheidskool
9
Trompsburg Primêre Skool
P.T. Sanders Gekombineerde Skool
10
Hoërskool Erasmus
Vezulvazi Higher Primary School
11
Hoërskool Bonnievale
Langeberg Sekondêre Skool
12
Hoërskool Porterville
Nuhoop Skool
13
Kenridge Primary School
The Valley Primêre Skool
14
Hoërskool Eldoraigne
Mahlahle Primary School
15
Hoërskool Southlands
Laerskool Evergreen
16
Hoërskool Zastron
Samuel Johnson School
Prysgeld
Eerste prys
- R50 000 aan die inisiatiefnemende skool
- R25 000 aan die minder bevoorregte skool
Tweede prys
- R25 000 aan die inisiatiefnemende skool
- R12 500 aan die minder bevoorregte skool
Derde prys
- R12 500 aan die inisiatiefnemende skool
- R6 250 aan die minder bevoorregte skool
Die skole werk aan hul projekte gedurende 2012 en die wenners sal vroeg in 2013 bekend gemaak word.
Droom van die projek Om ’n kultuur van medemenslikheid in skole te vestig, sodat ’n gees van samehorigheid, hoop en positiwiteit in gemeenskappe en die breër Suid-Afrika kan heers.
Kontak asb. vir Lizané Basson by 011 919 9078 of e-pos
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
om meer uit te vind oor die Handevatinisiatief in jóú gemeenskap!