|
NUUTSTE NUUS
|
AAN KOMPONISTE EN VOORNEMENDE KOMPONISTE VAN KOORMUSIEK |
|
|
|
|
Die ATKV wag met groot entoesiasme op inskrywings vir die ATKV-Komposisie Kompetisie vir 2013. Die primêre doelstelling van die kompetisie is om Afrikaanse koorsang te bevorder deur die beskikbaarstelling van nuwe, vars Afrikaanse koorwerke wat deur die ATKV voorgeskryf kan word vir die ATKV-APPLOUS nasionale koorfees.
Sewentien van die komposisies wat in die verlede ingestuur is vir die Komposisie Kompetisie en as voorgeskrewe werke gekies is verskyn in die nuwe FAK Sangbundel – voorwaar iets om op trots te wees!
Die sluitinsdatum vir vanjaar is 19 September 2013. Vir die brosjure en inskryfvorm kontak asseblief vir Bessie Keun by 082 454 6060 of
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
|
|
|
Inskrywings sluit 19 September 2013
Die prysgeld vir hierdie kompetisie is as volg:
- Beste komposisie vir 'n Hoërskool koor is R20 000.
- Beste komposisie vir 'n Laerskool koor is R10 000.
- Komposisies wat nie een van bogenoemde pryse wen nie, maar tog gekies word as voorgeskrewe werk in een van die kategorieë, ontvang 'n honorarium van R1000,00.
|
|
|
|
|
|
|
|
|