|
Déjà vu! Tuks maak skoonskip in Debat
Op 12 en 13 April het die ATKV-Universiteitsdebatsfinaal by die Universiteit van Stellenbosch plaasgevind. Die deelnemende Universiteite was van Noord-Wes, Wes-Kaap, Stellenbosch, Pretoria, Vrystaat en Johannesburg. Twee spanne per kampus het deelgeneem aan die finaal.
Net soos met die Varsity beker was dié finaal tussen die noorde en suide en anders as waar Tuks met ‘n weghol oorwinning in die rugbywedstryd geseëvier het was die debatsfinaal ‘n titaniese stryd. Na 60 minute van debattering het Tuks se A span met die louere weggestap.
Die kompetisie se standaard was van ‘n baie hoë standaard het Mariëtta Kruger aanbieder van kykNET se nuwe kookprogram Kokkedoor en een van die beoordelaars tydens die prysuitdelingsfunksie gesê.
Die Noordwes-Universiteit het weggestap met die algehele kampuswenners trofeë en hulle is deur twee spanne in die semi-finale verteenwoordig.
Die beste Taalgebruikers in vanjaar se finaal was Jana Roos van die Universiteit van Stellenbosch en Hermann Pretorius van die Universiteit van Pretoria. Hulle het ‘n bedrag van R800, ‘n goue medalje en HAT-Woordeboek van die ATKV ontvang.
Die naaswenners, Ivan Vorster, Dillon Siebert, Jana Roos en Alma Diamond van die Matie-span het elkeen weggestap met ‘n silwer medalje en R1 250 kontantprys.
Die wenspan van Tuks het bestaan uit Carike Jacobs, Daniël du Plessis, Martin Nel en Hermann Pretorius wat elkeen ‘n goue medalje asook prysgeld van R2 000 ontvang.
Volgende jaar se landsfinaal word aangebied deur die Universiteit van die Vrystaat sê Jaco van der Walt, bestuurder studente-projekte van die ATKV.
NAASWENNERS:
Bedrag van R1250 elk en silwer medalje
|
Universiteit: STELLENBOSCH
|
|
1. Ivan Vorster 2. Dillan Sieberg 3. Jana Roos 4. Alma Diamond
|
BESTE TAALGEBRUIKER: Word gedeel
Bedrag van R800 en GOUE medalje en HAT Woordeboek
|
Universiteit: Stellenbosch Jana Roos
|
|
|
Universiteit: Pretoria Hermann Pretorius
|
WENNERS:
Bedrag van R2000 elk en GOUE medalje
|
Universiteit: PRETORIA
|
|
1. Carike Jacobs 2. Daniel du Plessis 3. Martin Nel 4. Hermann Pretorius
|
ALGEHELE KAMPUSWENNERS: Noordwes Universiteit
Klik hier vir die foto's
|