|
AVE MARIA / HALLELUJA |
|
|
VE MARIA / HALLELUJA-VERTONING BY AARDKLOP 2012
|

Jak de Priester en Hanli Stapela (sopraan) tydens Ave Maria by Aardklop. Hoërskool Wonderboom en Hugo Radyn (dromme) is in die agtergrond.
|
|
|

Muziq-wenner 2011, Abraham Mennen (saksofoon) tydens die Ave Maria-produksie by Aardklop
|
|
|

Lizelle le Roux (viool) met Hoërskool Wonderboom
|
|
|
|
|
|
|
|
* * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * *
AVE MARIA/HALLELUJA BY DIE NASIONALE KUNSTEFEES IN GRAHAMSTAD
18 Junie 2012
ATKV kuier na baie jare by die Nasionale Kunstefees in Grahamstad met treffer-musiekproduksie
Die treffer-musiekproduksie Ave Maria/Halleluja het reeds met groot sukses by KKNK vanjaar plaasgevind asook het verlede jaar vol sale by Woordfees, Innibos en Vryfees getrek. Daar word egter met groot opgewondenheid uitgesien na Julie wanneer ATKV na meer as ‘n dekade na die Nasionale Kunstefees in Grahamstad terugkeer met Ave Maria/Halleluja wat as deel van die hoofprogram te siene sal wees.
Lees meer
***************************************************************************
AVE MARIA / HALLELUJA BY KKNK 2012
 |
|
 |
|
 |
| Ave Maria-Halleluja by KKNK 2012 |
|
Ave Maria-Halleluja by KKNK 2012 |
|
Ave Maria-Halleluja by KKNK 2012 |
|
|
|
|
|
 |
|
 |
|
 |
| Jak de Priester en Lizelle le Roux |
|
Matthew Lombard en KKNK feeskoor |
|
Minette du Toit-Pearce en Jak de Priester |
|
|
|
|
|
 |
|
 |
|
 |
| Ockie Vermeulen, Lizelle le Roux, Minette du Toit-Pearce, Jak de Priester en Hugo Radyn |
|
Musiekregisseur-Ockie Vermeulen |
|
Ockie Vermeulen en Lizelle le Roux |
|
|
|
|
|
 |
|
 |
|
 |
| Christi-Louise Swanepoel |
|
Matthew Lombard, Juan Oosthuizen en KKNK feeskoor |
|
Minette du Toit-Pearce |
* * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * *
AVE MARIA / HALLELUJA-VERTONING 30 OKTOBER 2011 BY UNISA, PRETORIA
|
|
|
|
|
| Ave Maria-span |
|
Jak de Priester en Matthew Lombard (Saksofoon) |
|
Hoërskool Wonderboom-koor en Ockie Vermeulen (klavier) |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Christi-Louise Swanepoel (kontrabas) |
|
David Klassen (Dromme) |
|
Hoërskool Wonderboom-koor |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Hanli Stapela (sopraan), Matthew Lombard (saksofoon) en Jak de Priester |
|
Lizelle le Roux (viool) |
|
Hanli Stapela en Jak de Priester |
* * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * *
|
Uittreksels van die klanklêers van die produksie Ave Maria / Halleluja
|
|
|
|
PRELUDE
Letters, woorde, strofes, gedigte.
Klanke, akkoorde, motiewe, musiek.
Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.
|
|
CHRISTA STEYN EN LIZE BEEKMAN: MARIA
Eers was daar musiek; en toe was daar ‘n naam. En die naam wat by Lize Beekman opgekom het nadat sy Christa Steyn se melodie gehoor het, was Maria.
Maria, Mary, Marié, Marie - soveel variante in soveel tale.
Maria beteken “Ster van die see,” in die oorspronklike Latyn, maar vandag, tweeduisend jaar later, is Maria ‘n simbool van vroulikheid, vrugbaarheid en heiligheid.
Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.
|
|
LEONARD COHEN: HALLELUJAH
“In die arms van ‘n vrou het ek mens geword.” Dié frase is veral waar vir Leonard Cohen, wat homself as ‘n sogenaamde “haan onder die henne” beskryf.
As ‘n Kanadese Jood is hy baie trots op sy voorvaders, die Leviete, wat die priesters van die volk van Israel was. In die lied “Hallelujah” identifiseer hy dan met Dawid, die Psalmdigter met ‘n swakheid vir vroue: Ten spyte van hul goeie voornemens, swig hulle keer op keer voor die skoonheid van ‘n vrou totdat daar net een ding oorbly om te sê: “I’ll stand before the Lord of song with nothing on my tongue but Hallelujah!”
Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.
|
|
BACH/GOUNOD: AVE MARIA
“As ek ‘n kunstenaar was, sou ek ‘n prentjie van die liefde kon skilder. Ek het ‘n visie na binne, ‘n intuïsie, want ek is voortdurend in kontak daarmee. Deur my operas het ek ‘n uitlaatklep vir my liefde gekry.”
Vir Gounod was daar ‘n saak van groot erns: moes hy sy liefde vir musiek of sy liefde vir God volg? Vir ‘n ruk lank oorweeg hy die amp van priesterskap baie ernstig tot hy sy teologiese studies aan die begin van 1848 laat vaar.
Hierna keer hy terug na die pad waarop hy bedoel was om te wees...sy passie...musiek. Alhoewel sy invloed aan die einde van sy loopbaan begin taan het, het hy ‘n groot invloed op komponiste na hom soos Georges Bizet en Camille Saint-Saëns gehad.
En die liefde waarvoor hy onthou sal word? Die een vir ‘n vrou, die ma van Jesus, Maria.
Gounod se “Ave Maria”, wat gebaseer is op ‘n vroeëre prelude van Bach, is een van die lieflikste weergawes van hierdie gebed.
Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.
|
|
MOZART: AVE VERUM CORPUS
Ave. Gegroet.
Verum. Die waarheid.
Corpus. Die liggaam.
“Gegroet is jy, die ware liggaam, wat deur die maagd Maria, gely het en aan die kruis gesterf het vir die mensdom.”
Die “Ave Verum Corpus” is ‘n eenvoudige gesang wat in die Rooms-Katolieke Kerk met Nagmaal gesing word. Die woorde is geneem uit ‘n gedig uit die veertiende eeu wat Jesus se fisieke teenwoordigheid tydens hierdie sakrament uitbeeld.
En net so letterlik soos “Ave Verum Corpus” Jesus se teenwoordigheid beskryf, so letterlik het Wolfgang Amadeus Mozart in God geglo. “Want God se wil is reg en Hy sal weet of dit beter vir ons is in hierdie wêreld of in die volgende,” skryf hy in ‘n brief aan sy ma kort voor haar dood in 1770.
Mozart skep hierdie weergawe van “Ave Verum Corpus” in ‘n tyd toe sy lewensomstandighede uiters onaangenaam was. Te midde van groot finansiële probleme, twyfel oor sy vrou se liefde en groot miskenning van sy talent, skryf hy vir hom ‘n wêreld van emosies oop in net 46 musiekmate... eenvoudig, soos die geloof van ‘n kind.
Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.
|
NUUSVRYSTELLINGS
MAAK KENNIS MET 'N UNIEKE DEBUUT KLASSIEKEMUSIEKPRODUKSIE: AVE MARIA/HALLELUJA
22 Februarie 2011
Deur die loop van die eeue is baie musiek met die titel “Ave Maria” gekomponeer. Ook is die gebruik van die woordjie “Halleluja/Alleluia” ‘n algemene verskynsel in die musiekkonteks. Die ATKV, in samewerking met die US Woordfees, stel tydens Woordfees 2011 ‘n debuut klassiekemusiekproduksie gebaseer op die musikale samevloeiing van komposisies met “Ave Maria” of “Halleluja” as titel, bekend.
Lees meer
|
|
|
|